Hans Christian Andersen

Hans Christian Andersen
Foto van Hans Christian Andersen in 1869
Gebore2 April 1805
Odense, Funen, Denemarke
Sterf4 Augustus 1875 (op 70)
NasionaliteitVlag van Denemarke Denemarke
BeroepDigter en skrywer
Ouer(s)Anne Marie Andersdatter
Hans Andersen
Handtekening

Hans Christian Andersen (* 2 April 1805; † 4 Augustus 1875) was 'n Deense digter en skrywer van sprokies en feëverhale. Hy is veral bekend vir verhale soos "Die sneeukoningin" en "Die lelike eendjie".[1]

Andersen is in Odense op die eiland Fyn gebore. Sy ouers was arm, 'n skoenmaker en wasvrou onderskeidelik. Sy pa het baie aan hom voorgelees en ook vir hom 'n poppeteater gebou. Hans het baie by sy ma oor Deense volksoorlewering en bygelowe geleer. Sy pa sterf in een van die Napoleontiese Oorloë en sy ma moes elke dag was om geld te verdien. Hy het nie skool toe gegaan nie en elke dag by die huis gebly en gedagdroom. Op die ouderdom van veertien het hy die huis verlaat en na Kopenhagen gegaan met die woorde aan sy ma: Ek gaan beroemd raak.

Hy kry werk by die Koninklike Teater en werk by die ballet en koor afdelings. Die hele tyd het hy stories, tragedies en gedigte geskryf wat hy aan die direkteur van die teater gegee het. Op die ouderdom van sewentien het die teater 'n beurs aan hom toegeken en skool toe gestuur. Hy woon die skool vir ses jaar by en slaag sy universiteitseksamen. Hy begin voltyds skryf en dig. Sy eerste sukses was Improvisatoren ("Die improvisator"), 'n storie wat in Italië afspeel. Hy skryf altesaam 168 sprokiesverhale wat in tagtig tale vertaal is.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Developed by StudentB